SAVF Tzaneen Kleuterskool bied die volgende fasiliteite aan:
Ons het aktief begin met rekenaarklasse in 2010, met drie rekenaars. Die gewildheid van die rekenaarklasse het vinnig toegeneem. Daar is tans sewe rekenaars en ons spog ook met n nuwe rekenaarsentrum. Hier word getalwaarde, klanke en ander perseptuele vaardighede verder ingeskerp om ons kurrikulum aan te vul. Al die voorskoolse kleuters kry 2 tot 3 maal per week 'n beurt om rekenaarklas by te woon. Ons kleuters geniet die rekenaarklas baie en wil net altyd weet, wanneer dit weer sy/haar beurt is.
Elke ouderdomsgroep kry 1 maal per week tyd om in speeltyd met die fietsies by die fietsiebaan te ry. Daar is ook twee houtpophuise by die fietsiebaan waar kleuters hulle fantasie kan uitleef.
n Afgekampte area met n rivier en n brug waar ons kleuters met karre, trokke, plastiese diere en houtblokke kan speel.
Die plaspoel word in die somermaande op warm dae benut. Elke oudersomsgroep kry n beurt om met waterspeelgoed onder toesig in die vlak water te speel.
Die sandput het n veilige omheining en kleuters kan elke dag met speeltyd onder toesig daar speel.
n Onderdak area by ons juniorklasse waar kleuters rustig op n mat kan speel met opvoedkundige speelgoed.
Die klimmuur word goed aangewend tydens bewegingspel. Dit is goeie oefening vir grootmotoriese-spierontwikkeling. Dit help ook met beplanning om tot bo te klim.
n Ruim skaduryke speelarea met n verskeidenheid van klimrame, swaaie en ander klouter-apparate. Kleuters kan ook by tye onder toesig op die springmat spring en daagliks word daar balle, hoepels en houtgewere beskikbaar gestel tydens buitespel.
Voldagkleuters ontvang n gebalanseerde middagete. n Gestruktureerde middagprogram word gevolg wat daagliks afgewissel word.
Spogoptredes deur ons Gr.R dogtertjies vind deur die jaar plaas by verskillende venues.
Bulletjierugby word by Laerskool Tzaneen aangebied en het baie betrokke pappas wat help.
Ons kleuters word blootgestel aan wye musiekervarings. Beweging op maat van musiek, bespeling van slaginstrumente en die beluistering van melodië. Ouditiewe diskriminasie en konsentrasie word bevorder en ritmiese vaardighede word aangeleer.