Oorsig van die Skool
Registrasie
SAVF Tzaneen Kleuterskool is geregistreer by die onderwysdepartement met n Emis-nommer. Ons is ook n mentorskool vir NWU en ontvang gereeld studente. Die skool ontvang ook gereeld monitorbesoeke van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, sowel as die gesondheidsinspekteur.
Noodhulp en Brandbestryding
Noodhulp- en brandbestreidingsopleiding word gereeld gedoen en personeel ontvang sertifikate daarvoor.
Gr.R Kurrikulum
CAPS-kurrikulum, soos deur die onderwysdepartement voorgeskryf, word gevolg.
Remediërende Onderwys
Gr.R kleuters met leerprobleme word deur die onderwyseres geïdentifiseer. Me Marga Smith en Danka v.d. Merwe bied die ekstra klasse aan.
Samewerking met Laerskole
Ons werk nou saam met die GR.1-onderwyseresse om ook te monitor of ons die regte grondslag aanbied vir Gr.1.