Sekuriteit
Die veiligheid van u kind is vir ons belangrik. Om hierdie rede word daar geen ongemagtigde toegang tot die skoolterrein toegelaat nie.
Besoekers meld by die kantoor by die toegangshek aan en het geen toegang tot die kinders nie, hetsy visueel of fisies. Gemagtigde persone mag die skoolterrein binnegaan deur n hek wat met n sekuriteitskode werk.