Die Skool se Geskiedenis
Die Suid-Afrikaanse Vroufederasie van Tzaneen het die behoefte raakgesien vir n goeie kleuterskool, dagsorg en versorging van kleuters.
Op 14 April 1970 is SAVF Tzaneen Kleuterskool geopen met 4 klasse , 2 onderwyseresse en 35 kleuters. In 1978 is nog 3 klasse aangebou en elke klaskamer het sy eie mini-toilette.
Die kleutergetalle het gegroei tot 130 kleuters.
In 2020 spog ons met 170 kleuters , 8 gekwalifiseerde onderwyseresse, 8 klasassistente, 5 bewaarassistente, 5 algemene assistente en 1 finansiële- en adminbeampte.
Met ons 50ste bestaansjaar kan ons met reg sê ons is n toonaangewende kleuterskool wat jaarliks van krag tot krag gaan.