SAVF Tzaneen Kleuterskool

wp1c7ea105_41SAVF Tzaneen Kleuterskool bied ‘n stimulerende omgewing met baie uitdagende klimrame, ‘n plaspoel, ‘n moddergat en ‘n waterbak vir waterspel in die baie warm somermaande. Die fietsiebaan met fantasiehuise het ‘n groot aantrekkingskrag.
Die groot skaduryke terrein met die groot sandputte en sementdorpie vir blokspel, help dat leer en speel sommer groot PRET is!!

wp9cce0066_41Veiligheid is ‘n prioriteit. Sekuriteitsdienste is net ‘n paniekknoppie ver en die geslote baan televisie in die kantoor verseker dat nie enigeen op die terrein toegelaat word nie.

Die kleuterskool begin in die eerste week van Januarie en sluit eers weer 16 Desember. Dus is die kleuterskool reg deur die jaar oop gedurende die skoolvakansies.

 

savflogo.jpg

Kliek hier om die Suid Afrikaanse Vroue Federasie se webblad te besoek.